"Saam Stap Ons 'n Pad"
WELKOM BY MOOT AKADEMIE
Moot Akademie is ‘n hoofstroom skool vir Gr R tot Gr 7 leerlinge met aandag afleibaarheid wat sukkel om by te hou in die groter hoofstroom skole, as gevolg van druk in groot groepe. Hier is kleiner klasse met leerderondersteuning en ons kan aandag gee aan leerders wat sukkel om te konsentreer. Ons help hulle waar ons kan, leer hulle dat ‘n mens foute mag maak en dat ons ‘n uitveer MAG gebruik. Help hulle om aan hul selfbeeld te werk en te glo in hulself.
“Kinders is ‘n gawe van die Here; hulle is ‘n belonging van Hom." (Psalm 127:3)

Goeie dag almal
As ouer van een van Moot Akademie se ondewysers, maak dit my 'n trotse toehoorder en deelnemer aan dit wat by Moot Akademie vermag word. Vanaf 'n baie klein begin in 'n garage met een kind, het sy in amper tien jaar gegroei tot waar dit vandag is en sy groei steeds.
Juis daarom wil ek vandag met julle praat oor groei.
Partymaal sien ons nie groei nie, tog vind dit plaas. Soms groei ons na binne, verander en vernuwe ons hart, ons ingesteldheid en ons uitkyk op dinge.
Ons het die afgelope twee jaar vreemde tye beleef, tye en gebeure wat ons manier van dink radikaal beinvloed het. Maskers, sanitasie, sosiale afstand het belangriker woorde as dankie en asseblief geword. Dit wat normaal was, het abnormaal geword en andersom. As ek twee jaar gelede gemasker by die bank sou inloop, het dit groot moeilikheid voorspel, vandag kry ek die moeilikheid as ek daarsonder dit in die bank sou waag. So het dinge verander en ons het daardeur gegroei.
Maar groei gebeur nie somaar net nie. Alles en almal groei na 'n einddoel. Ek groei omdat... ek groei sodat...
Wat het dit met Moot Akademie te doen? Sy groei omdat liefde, toewyding en' n gedugte span onderwysers, haar laat groei. Sy groei sodat hulle wat deur haar hande gaan, toegerus en met waarde die toekoms in die oë kan kyk. Sy groei sodat die vrug van haar bestaan verdere groei sal meebring.
Met hierdie eerste bydrae salueer ek dan elke onderwyser, elke personeellid van Moot Akademie en bid dat julle nie net ander tot volwassenheid sal laat groei nie, maar self ook tot volmaaktheid sal groei.