MEER OOR ONS
Hier by Moot Akademie Pretoria (Edms)bpk vir leerlinge met meestal ADD/ADHD, beskou ons elke leerling as van onskatbare waarde. Dit is vir ons van uiterste belang om saam met elke leerling die pad te stap totdat hy/sy gereed is om aan die einde van Gr 7 (tans tot Gr 6) terug te gaan in die hoofstroom, met ‘n “gereedskapskissie” wat hom/haar sal help om gefokus te bly en sodoende as volwaardige, sterk leiers na vore te tree in hul toekoms. Daarom is dit ideaal om ons leerlinge so vroeg as moontlik (Gr R indien moontlik) al onder ons vlerk te neem, om hulle te stimuleer deur leer en speel.
So baie van ons kinders raak weg in ‘n groep omdat die groep eenvoudig te groot is en hulle sukkel om by te hou. Hulle raak agter met hulle werk en word selfs deur die ander leerlinge geterg. So ‘n kind se selfbeeld kry ‘n knou, hy/sy onttrek hulself, word geboelie, en in baie gevalle word hulle self die boelie in die groep. Hulle kom dan op ‘n punt waar hulle in hul eie vermoëns twyfel en ontwikkel dus so ‘n swak selfbeeld.
Ons hier by Moot Akademie wil dit ten alle koste probeer help vermy. Ons wil graag hierdie kinders help om ten spyte van hul mediese toestand uit te styg en hul volle potensiaal te bereik.

OMGEWING
Ons wil graag vir die leerders ‘n omgewing skep waarin hulle tuis voel, ‘n huislike omgewing, waar hulle gemaklik is en nie skaam is om hulself te wees nie. Waar hulle kan leer in die klas en sukses kan ervaar. Ons neem daarom net 10 leerders per klas , sodat meer intensiewe onderrig gegee kan word.
INSTANSIE CHRISTELIKE ONDERWYS
Ons is tans ingeskryf en dien onder ICO. Ons is ten volle ‘n Christelike skool wat ons daarvoor beywer om ons kinders ‘n goeie Christelike basis in hul opleiding te gee. Ons ondersteun ook graag die Christelike waardes wat by u aan huis gevolg word en poog om dit sover moontlik by die skool verder te voer.