PERSONEEL
Uit die hoof se kantoor - Amelia Esterhuizen
Ons het ‘n passie vir leerders wat nie die mas opkom in die groot skole nie. Ons wil hulle help om daardie hindernis te oorkom en sodoende, dit waarvoor God hulle geskape het, tot hul volle potensiaal te ontwikkel en gebruik.
As ‘n kind sukkel met sy skolastiese verpligtinge is dit ons as Christen onderwysers se plig om daardie kind by te staan. Ons help hulle dus om te groei in ‘n volwaardige Godvresende mens wat sy plek ten volle kan instaan in sy/haar volwasse lewe.
“Saam stap ons die pad” – Ons, hier by Moot Akademie, wil leerders help en ondersteun in leerhindernisse, hoe gering ookal, om hul selfbeeld op te bou en ook met die wete dat ons tree vir tree saam met hulle op hierdie pad sal stap.
Ek is Juffrou Mandi De Beer, die graad R juffrou. Ek is tans besig om te spesialiseer in graad R met verdere studies by Stadio. Ek het van kleintyd af `n droom gehad om met kinders met uitvalle te werk, as gevolg van my persoonlike ervarings wat my net meer gemotiveer het om die passie te volg. Om maats te help wat dieselfde probleme as ek ervaar op skoolvlak, is my passie en motivering om net my beste te gee. Vir die Graad R maats is alles nog `n avontuur. Ons leer deur te speel om ons daardeur skoolgereed te maak vir formele werk. Ek het my plek gevind in die onderwys by Moot Akademie, en wil help dat elke maat ook sy/haar plekkie sal vind.
Ek is Juffrou Kasha, die Wiskunde en Sosiale Wetenskappe juffrou by Moot Akademie. Ek het B. Ed Intermediêre Fase studeer deur STADIO. Ek is ‘n spontane jong dame met 'n passie om met kinders te werk. Ek streef na uitnemendheid en daarom sal ek nie opgee tot dat enige taak wat aangebied word, suksesvol voltooi is nie. Ek glo dat ‘n mens nooit te oud om te leer nie. Soms leer die onderwyser nog iets by die leerder. Ek is toegewyd om ander te help om hul doelwitte te bereik, ek sal daar wees om my leerders te motiveer om hul bes te doen en hulle gerus stel dat foute deel is van die
leerproses. My doel is om 'n goeie verhouding met al die leerders te hê, almal gelyk te behandel en nooit enige van hulle uitgelaat te laat voel nie. Moot Akademie het vir my ‘n plek gegee om my kennis van onderwys te implimenteer, herleer en sommige goed af te leer sodat ek die beste juffrou moontlik vir my leerders kan wees.
Ek is Juffrou Mirreila Snippe. Ja, ek weet dit is nie ‘n naam of van wat bekend is nie, maar wat dit uniek maak is dat dit net myne is. Elkeen van ons is uniek deur God se hande gevorm met ons eie identiteit. So is ek deur Jesus se hande gevorm om ‘n onderwyser te wees. ‘n ware roeping en voorwaar ‘n passie soos hulle dit noem…
Ek gee vir Graad 4 - 6 Afrikaans en Natuurwetenskap, en vind dit verskriklik genotvol. Afrikaans is gewoontlik by “die een oor in en by die ander een uit”, Waar ons in Natuurwetenskap “’n hond uit ‘n bos uit gesels, en van ‘n padda vere probeer pluk”. Dit bly ‘n avontuur. Ek het ‘n groot passie vir kinders, en daarom blom ek waar ek geplant is by Laerskoool Moot Akademie. Dit is ‘n voorreg om leerders te help groei en blom. Saam stap ons ‘n pad.
Ek is juffrou Christelle en ek is die graad 4 voog onderwyseres. Ek het my graad in sielkunde voltooi by Unisa, en my nagraadse onderwys kwalifikasie by Varsity College. In die week spandeer leef ek myself uit deur met amazing kinders te werk in die Engelse en Lewensvaardigheid klasse maar op naweke spandeer ek my tyd met hawelose hondjies by Pug Rescue. Ek het 6 hondekinders, 2 kattekinders en dusver 25 skool kinders wat klaar diep in my hart gekruip het. My liefde vir leerders is net so diep soos my passie vir skoolgee, dus voel ek baie geseën. As die maats al ooit by die huis vertel het van die vreemde grapperige juffrou wat rond dans in die klas, weet net dis alles waar, dis ek, en dis my manier om bande te bou met die kinders. Ek wil graag hê u moet weet dat ek hier by Moot Akedemie is omdat ek werlik hier wil wees en omdat ek glo God hierdie my hierheen gestuur.