Image

INSKRYWINGS & SKOOLGELD

Inskrywings

Inskrywing by die skool moet verkieslik so vroeg as moontlik in die leerling se Junior Primêre fase gedoen word. Verkieslik vanaf Gr R. Indien u kind op ‘n latere stadium in die fase na ons verwys word, is hy/sy steeds baie welkom. Tyd is‘n groot faktor en ons wil soveel moontlik tyd hê om ons leerlinge se skolastiese fondasie reg te probeer vorm. Ons wil u ook daarop wys dat Moot Akademie leerders deur Onderwysers gehelp en opgevoed word.

Hierdie mense is nie Dokters, Terapeute of Sielkundiges nie. Die skool is uitsluitlik daarop gebasseer dat dit een tot een onderrig is wat plaasvind tussen Onderwyser en leerder. Indien die Onderwyser voel daar is ‘n rede vir ‘n verwysing na terapeute of sielkundiges sal u as ouer ingeroep word en dit met u bespreek word en die nodige stappe sal van daaraf geneem word.
Skool Gelde
  •  ‘n Registrasiefooi is betaalbaar by elke nuwe inskrywing van ‘n leerling in die skool.
  • ‘n Maandelikse fooi per leerling is betaalbaar, maandeliks vooruit.
  • Wetenskaplesse word by die hierdie skoolfooi ingesluit en is verpligtend vir alle leerlinge.
  • Skoolfooi is betaalbaar nie later as die laaste dag van elke maand.
  • Betaling geskied vanaf Januarie tot Desember maandeliks.
  • Die fooie word jaarliks hersien.
Vir meer informasie oor ons skool fooie kontak ons gerus HIER

535 13de laan, Gezina
Pretoria

Tel: 082 852 7487
Epos Adres: admin@mootakademie.co.za

Sosiale Media

Hierdie nuusbrief word slegs gebruik om waardevolle inligting oor die skool en aktiwiteite aan inskrywers deur te gee.

Ons stuur nie gemors pos uit nie.