Image

AGTERGROND

Skoolleuse

“Saam stap ons die pad” – Ons hier by Moot Akademie wil leerders help en ondersteun in leer hindernisse, hoe gering ookal, om hul selfbeeld op te bou en ook met die wete dat ons tree vir tree saam met hulle op hierdie pad sal stap.

Visie

Ons poog om die Christelike filosofie en waardes in opvoeding, soos vervat in elke area van die lewe, uit te dra aan elke leerder. Hierdie sluit in die kurrikulum, opbou van karrakter asook die implimentering hiervan vir nou en ook vir die toekoms.
Image
Missie

Ons wil graag ondersteuning bied aan leerders wat sukkel met aanpassing in groot klasse. Ons wil ook hulp bied aan leerders met leeruitvalle deur maniere te vind om dit te hanteer en daardeur hul God gegewe talente te ontdek en te bemeester. Ons probeer ook leerders help om ‘n goeie selfbeeld op te bou en in hul eie vermoëns te glo. Deur middel van ‘n meer een tot een basis poog ons om dus ‘n goeie akademiese grondslag in ‘n Christelike omgewing te lê.
Image
Geskiedenis

Moot Akademie Pretoria het op 1 September 2012 as ‘n klein skooltjie met 5 leerders begin. Amelia Esterhuizen het ‘n passie gehad vir leerders wat sukkel met konsentrasie en geglo dat hulle gehelp moet word. Dit was ook van kardinale belang dat die skool vir die leerders toegangklik moes wees. Hulle moes gemaklik voel en nie bang wees om skool toe te gaan nie. Dit moes ‘n plek wees waar hulle hoofsaaklik ‘n positiewe selfbeeld moes kry, want ‘n leerder met ‘n swak selfbeeld is ‘n leerder wat glo hy kan niks reg doen nie. Ons het eers met die fondasie fase begin met leerders wat gesukkel het met aanpassing in die groter hoofstroom skole.
Die skool het vining begin groei en in 2017 moes ons begin uitkyk vir ‘n groter perseel. Tot op hede het ons gegroei tot ‘n volwaardige Primêre skool vir Gr R tot Gr.6 en is ook by die Departement van Onderwys geregistreer. Ons het tans 40 leerders in die skool en het 9 personeellede . Die personeel bestaan uit die hoof, sewe onderwysers en een algemene werker. Op hierdie stadium gaan ons tot by Gr 6. Vanaf 2023 skuif hul op tot by Gr 7. Ons werk baie nou saam met Opvoedkundige Sielkundiges, Psigiaters, Pediaters, arbeidsterapeute, Spraakterapeute, ens. Ons het ook ‘n naskool wat uitsluitlik hulpverlening bied aan ons leerders.
Finansiële Profiel

Ons is ‘n ‘n maatskappy en dus ‘n nie-winsgewende organisasie. Ons ontvang geen subsidie vanaf die Departement van Onderwys nie. Ons fondse word uitsluitlik gegenereer vanuit die skoolfonds.

535 13de laan, Gezina
Pretoria

Tel: 082 852 7487
Epos Adres: admin@mootakademie.co.za

Sosiale Media

Hierdie nuusbrief word slegs gebruik om waardevolle inligting oor die skool en aktiwiteite aan inskrywers deur te gee.

Ons stuur nie gemors pos uit nie.